Die meisieskoor moes 'n voorgeskrewe stuk, Sing a Song deur J. Michael Diack, 'n verwerking van Handel opvoer en behaal daarmee 'n eerste plek met 72%. Met hierdie prestasie dring hulle deur na die streekskompetisie wat eersdaags in Kaapstad plaasvind.
Die seunskoor behaal 'n derde plek met 56% met hul voorgeskrewe stuk, Soldiers Chorus deur Giuseppe Verdi.
"Ek was die drama sameroeper by die skool vir die afgelope paar jaar, maar ek gaan my nou toespits op musiek in die hoop om die kurrikulum te verbreed en ons skool 'n musiekfokus skool te maak," sê me. Joanne de Waal, onderwyseres.
Die seunskoor behaal 'n derde plek.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal | Hessequa nuus'