RIVERSDAL NUUS - Die Riversdal Amateur Toneel- en Musiekvereniging (Ratem) bied jaarliks 'n eisteddfod op Riversdal aan. Vanjaar vind dit van 28 tot 31 Augustus plaas.
Die organiseerders verwag meer as 3 000 mense wat aan onderskeidelik aan die drama, musiek, dans, kuns en skryfkuns gaan deelneem.
Toegangsgelde by alle lokale is slegs R15 per dag en R20 per persoon vir die spreekkore en kore.
Van die hoogtepunte van die eisteddfod sluit kunswerke in wat in alle lokale uitgestal sal word, die spreekkoredag op Woensdag 30 Augustus by Laerskool Volschenk, asook die kooraande op Dinsdag 29 Augustus en Woensdag 30 Augustus in die Riversdal-burgersentrum.
Kontak Marianne Streicher by 082 441 3026 vir enige navrae.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’