STILBAAI NUUS - Adele Redelinghuys, bestuurder van Jagersbosch-gemeenskapsorgsentrum, was Woensdagaand, 13 Augustus, verras met die aantal mense wat die bekendstelling van Jagersbosch se demensie-inisiatief bygewoon het.
Sy worstel al twee jaar met hierdie idee en toe Dirk van Breda en Jacques van Rensburg haar kontak met dieselfde idee het sy onmiddellik ingekoop.
Demensie omvat heelwat siektes waarvan Alzheimers seker die bekendste is en heelwat mense in Stilbaai het alreeds Alzheimers of is in die vroeë stadium daarvan.
In plaas daarvan dat verskillende organisasies in die dorp met klein groepies werk voorsien die inisiatief dat almal saamstaan. Hierdie samewerking gaan baie deure vir pasiënte, versorgers, familie en professionele diensverskaffers open.
Adele Redelinghuys, Jacques van Rensburg, Dirk van Breda, Annette Fraser en Leonie van der Merwe is die dryfveer agter hierdie wonderlike inisiatief en die hele gemeenskap gaan hierby baat vind.
Vir meer inligting kontak die kantoor by Jagersbosch by 028 754 1934.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’