Ma vermoor, seun in hof

Riversdal-landdroskantoor. Foto: Verskaf.

RIVERSDAL NUUSFLITS - Pieter le Roux (22) het Maandagoggend 1 Augustus in die Riversdal Landdroshof verskyn op ‘n aanklag van moord.
 
Hy het na bewering op Donderdag 28 Augustus sy ma, Fransiena van der Merwe (55) met ‘n stomp voorwerp doodgeslaan na ‘n woordwisseling.

Twee wapens, ‘n hamer en koevoet word tans in George deur die Forensiese Patalogiese Dienste getoets om te bepaal watter een in die moord gebruik is.

Die saak is uitgestel tot Woensdag 10 Augustus. Le Roux bly tans in aanhouding terwyl die ondersoek voortduur.
 
Klik hier vir vorige nuusflitse:
• Lees meer hieroor in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
 
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'


Your Comments
Back to Top

Copyright 2017 Group Editors Co PTY Ltd t/a Suid-Kaap Forum