STILBAAI NUUS - Die 35 ste Trans Agulhas Rubberboot wedvaart oor 700 kilometer het vanoggend 28 Desember in Plettenbergbaai begin en dag een vat hulle tot by Mosselbaai.
Vrydag 29 Desember sal hulle tot by Lappiesbaai in Stilbaai jaag oor 'n afstand van 86 kilometer en hulle beraamde tyd van aankoms is 09:26.
Indien die weer dit toelaat sal hulle dan 12:00 die brander resies hê, ook by Lappiesbaai.
Kom deel in die pret by Lappiesbaai en wees deel van die mees uitdagende rubberboot wedvaart in die wêreld.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’