Gallery
STILBAAI NUUSFLITS - Die Rots- en strand vrouehengelkampioenskap het vanaf 13 tot 16 Februarie op Mosselbaai plaasgevind en die dames het Donderdag 15 Februarie vir die dag by Lappiesbaai gehengel.
Die kompetisie op nasionale vlak was die hele week baie sterk, hoewel die suidewind en koeler water by Stilbaai tot gevolg gehad het dat die ongeveer 50 dames maar meestal sandhaaie uitgetrek het.
KwaZulu-Natal het die nasionale kompetisie gewen en was ‘n skrale 2.34 punte voor Eden, wat tweede was met die Westelike Provinsie derde.
Die Stilbaaidames het baie goed gevaar met Elzanne Cronje wat haar Protea-kleure ontvang het en ná drie jaar, is sy derde op die ranglys in Suid-Afrika.
Sy was 17de algeheel tydens die kampioenskap.
Die Eden-damesspan en bestuur wat aan die Rots- en Strand vrouehengelkampioenskap deelgeneem het is van links: Ruan Westraad, Wilna Venter, Antoi Forbes, Marina Fuchs, AJ de Beer, Mariette Westraad, Elzanne Cronje, Lena Middelton en Danie Lodewyk
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
ARTIKEL: ELZA THIART-BOTES, SUID-KAAP FORUM KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'