SUID-KAAP NUUS - Die hengelklubs van George en Stilbaai was behoorlik in 'n tweegeveg gewikkel tydens die jongste Suid-Kaap kushengel-kompetisie wat in die Vleesbaai-area beslis is.
Die kompetisie is onder goeie weersomstandighede gehou en heelwat vis het uitgekom. Van die 592 vis wat gevang is, is 591 weer lewendig teruggesit.
Marizelle Esterhuizen, wat nog 'n junior van die Knysna Hengelklub is, het bewys dat mooi meisies ook kompeterende hengelaars kan wees deur 'n uitsonderlike groot sandhaai van 4,5kg te vang.
Na die afloop van die kompetisie is daar oudergewoonte 'n gelukkige trekking gehou waarvoor Arms & Tackle, Extreme Fishing, Sportscentre en Romano’s Pizza van George, Xtreme Outdoors van Mosselbaai en Suid Kaap Kushengel en Tritons Hengelklub die pryse voorsien het.
Uitslae:
A-liga: 1 Stilbaai 266.00; 2 George 158.36; 3 Knysna 153.00; 4 Outeniqua 110.37; 5 Triton 102.01; 6 Atlantic 67.82; 7 Mosselbaai 38.01.
B-liga: 1 George 159.27; 2 Stilbaai 89.78; 3 Triton 62.62; 4 Knysna 61.16; 5 Atlantic 46.58; 6 Weermag 36.31; 7 Outeniqua 34.90.
C-liga: 1 Atlantic 55.50.