STILBAAI NUUS - Die ses-jarige Lea-Neigh Retief van Citrusdal het die skok van haar lewe gekry toe sy 'n bronshaai van sowat 40 sentimeter in Stilbaai by die hawe aan die hoek kry.
Haar pa, Jakobus, was besig om haar visstokkie voor te berei vir 'n paar blaasoppies, terwyl sy, sy visstok vashou.
Die volgende oomblik hoor hulle net 'n benoude gil en die stok staan sommer heel skeef.
Jakobus gryp toe die visstok en groot was die verbasing toe dit hierdie astrante bronshaai is.
Lea-Neigh wou uiteraard nie naby die haai kom nie, maar was nietemin baie spoggerig met haar vangs.
Pa, Jakobus, moes toe maar self die haai teruggooi in die water.
In die laaste paar dae het die ernstige hengelaars al 'n paar haaie, wat een van 180 kilogram insluit, in die omgewing van die Stilbaai hawe gevang.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’