HEIDELBERG RUGBY NUUS - Die plaaslike rugbyklub het Vrydagaand 21 Junie tydens hul dankseggingsdiens hulde aan jong spelers van die dorp gebring wat die Craven-rugbyweek in hul onderskeie ouderdomsgroepe gaan bywoon.
Die spelers en hulle ouers was teenwoordig. Elke speler het 'n geldelike bydrae van die klub ontvang om hul onkoste te help dek, 'n gebaar wat die ouers baie waardeer het.
Koste vir spelers soos Reevan February en Lleyton Buys kan soveel soos R30 000 elk bedra, want hulle toer in September vanjaar saam met die SA Rhino-span na Italië, Engeland en Wallis.
Heibi-rugby en die gemeenskap is baie trots op dit wat uit die rugby-broeikas kom.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'