RIVERSDAL NUUS - Die SWD Arende het die OP Olifante verlede Saterdagmiddag in die Riversdal-stadion met 36 - 23 in 'n aanskoulike wedstryd geklop.
Hugo Redelinghuys het die aksie gaan afneem.
Clive Kruger duik oor vir sy mooi drie.
Chuma Biyani op pad doellyn toe vir 'n kragdrie nadat hy 'n string verdedigers in die lug laat gryp het.
Die blitsige Sachin Toring het 'n skouspelagtige drie gaan druk.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’