STILBAAI NUUS - Toe 'n paar hardebaard vakansiegangers, onder andere die gewese Springbokflank Rob Louw, die Stilbaai-touchies begin het, het hulle nie gedink dat dit so 'n gewilde byeenkoms sou raak nie.
Daar is deesdae 'n Preekstoel-afdeling, Ope-afdeling, Uitdaag-afdeling en 'n Pro-afdeling.
Ses-en-Vyftig spanne het vanjaar ingeskryf, en veral die Pro-afdeling het vir prag-rugby gesorg.
Die groot aantal toeskouers het die terrein volgepak, en die biertuin is druk besoek. Hul goeie gedrag was egter noemenswaardig.
Die Stageboys het met die Preekstoelbeker weggestap, die Ope-afdeling is gewen deur die Jokers, die Uitdaag-afdeling deur die Blizzards en die Liberty Webs het die groot prys gewen as die Pro-wenners.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’