STILBAAI NUUS - Die tradisionele Stilbaai Touchies op 26 Desember het Dinsdag by die riviermond plaasgevind en 36 spanne het ingeskryf.
Hiervan was 22 spanne vanuit die Hessequa asook vakansiegangers.
Daar is in drie afdelings meegeding, naamlik die Ope-, Uitdaag- en Pro Afdelings.
Ten spyte van die koelerige weer is die toeskouers beloon met pragspel en hulle kon tevrede huistoe gaan.
Onder die toeskouers was onder andere oud-Springbokke Werner Swanepoel en Ollie Le Roux en die Sevens Springbok Ricky Duarttee, beter bekend as Tricky Ricky.
Die Ope kampioene was die Struisbaai Warriors, Grapevine Blizzards het die Uitdaag Afdeling gewen en die Pro Afdeling is gewen deur Liberty Webb Touchies van die Strand.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’