Gallery
RIVERSDAL NUUS - Dié komende Saterdag 25 November by die Riversdal-dorpsklub (Stegveld) aangebied word.
Die organiseerders sê hulle verwag 'n karnavalatmosfeer en groot rugbypret afgesien van goeie hardlooprugby wat op die toeskouers wag.
Dié gedenktoernooi is om hulde te bring aan Matlann-Jo Fielies wat ná 'n ernstige kopbesering in 'n klubrugbywedstryd oorlede is.
Die inskrywingsfooi per deelnemende span beloop R500 en enige klub uit die streek en die SWD is welkom om deel te neem. Klubs uit ander streke is ook hartlik welkom, sê die organiseerders.
Vrouespelers word ook uitgenooi om saam met die ander spanne uit te draf.
Die SWD-rugbyunie het sy gewig agter die toernooi gegooi en gaan ruim ondersteuning bied om dit 'n reuse sukses te maak.
FOTOGALERY: Riversdal-dorpsklub (Stegveld) word Saterdag aangebied
Daar is kontantpryse van ongeveer R15 000 op die spel en ook verskeie nie-kontantpryse as lokaas en om te verseker dat die meeste deelnemende spanne nie met leë hande hier wegstap nie.
Belangstellende klubs moet reeds om 08:30 aanmeld en die eerste afskop is om 10:00.
Buiten die rugby sal daar DJ's wees wat musiek en geraas gaan maak om 'n lekker feesgees te skep.
Vir enige navrae kontak gerus enige van die komiteelede:
Marvin Kortje (voorsitter) 060 440 4524, Chanel Louw (sekretaresse) 079 909 1397, Damian Juta (tesourier) 071 689 6350, Ryan Galant (logistiek en reëls) 060 363 6572, Adriaan Jansen (logistiek en reëls) 071 613 4056 en Nico Wildschutt (bemarker) 083 764 3788.(Die familie van Matlann-Jo Fielies het hul goedkeuring verleen vir die gedenktoernooi en hulle ondersteun dit ook ten volle).
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’