STILBAAI NUUS - Na Saterdag 20 April se goeie oorwinnings oor Knysna United is Seagulls se stertvere behoorlik in die lug.
Hulle volgende tuiswedstryd op 11 Mei teen Thistles is 'n historiese geleentheid aangesien hulle in Stilbaai op die dorpsveld gaan speel.
Dit word aangebied in samewerking met Laerskool Bertie Barnard en Stilbaai Hengelklub.
Dit gee Stilbaaiers die geleentheid om op te ruk rugbyveld toe om die span te ondersteun.
Hou die datum oop en gaan kyk hoe speel een van die voorlopers in SWD se Eersteliga A-Afdeling.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’