STILBAAI NUUS - Seagulls wil regmaak na hulle verloor teen Harlequins en Saterdag sal Jaguars dit ontgeld in Melkhoutfontein.
Dit is die laaste ligawedstryd in die "graveyard" en die ondersteuners kan help om dit 'n grote te maak.
Pak vir oulaas die pawiljoene vol, want elke punt tel nou om te verseker dat Seagulls halfeindstryd toe gaan.
Wedstryde begin al 13:00 en teen daardie tyd het die Bokke klaar gespeel.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’