STILBAAI NUUS - Seagulls Rugbyklub van Melkhoutfontein hou hulle Algemene Jaarvergadering Maandagaand, 12 Januarie, in die klubhuis by die Melkhoutfontein-sportgronde.
By hierdie vergadering sal die huidige voorsitter, Marlin Jansen, sy voorsittersverslag voorlê, en die nuwe bestuur vir 2026 sal verkies word.
Die posisies wat op die bestuur gevul moet word, is voorsitter, ondervoorsitter, sekretaris, tesourier, hulptesourier en vier addisionele lede.
Dit is belangrik dat alle lede en belangstellendes die vergadering bywoon om te verseker dat die regte besluite geneem word.
Neem kennis dat slegs lede stemgeregtig is wanneer die nuwe bestuur verkies word.
Die tyd is 18:30 vir 19:00, om almal genoeg tyd te gee om betyds te wees en te registreer.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’