STILBAAI NUUS - Seagulls is oorgehaal vir hulle wedstryd Saterdag 23 Mei teen Prins Albert-rugbyklub.
Daar is egter 'n moontlikheid dat hierdie wedstryd uitgestel sal word. Meiringspoort sowel as die Swartbergpas is nog gesluit vir verkeer.
Die Graveyard in Melkhoutfontein gee maar net vir hulle daardie ekstra motivering om alles te gee vir die tuisskare.
Die veld is nat en swaar en dit pas die harde skrumwerkers van Seagulls soos 'n handskoen. Die afrigters het hard gewerk om die paar foute wat hulle teen George gemaak het uit te stryk en dit behoort vir goeie rugby te sorg.
Die Hessequa-spanne het hierdie naweek almal tuiswedstryde en hopelik is almal aan die wenkant.
In die Superliga speel Heibi teen Silver Stars en Blues ontvang vir Progress.
In die Eersteliga is dit Seagulls teen Prins Albert, Riversdal teen Jaguars en Albertinia Rangers teen Happy Hearts.
As die weer hou kan ondersteuners uitsien na 'n lekker Saterdagmiddag langs die rugbyveld.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’