STILBAAI NUUS - Seagulls van Melkhoutfontein pak Saterdag vir Multisure Crusaders, een van die beste rugbyspanne in die land.
Hierdie wedstryd vind in Melkhoutfontein plaas en beloof om 'n groot skouspel te wees.
Daar word 'n beroep gedoen op die hele gemeenskap om Saterdag op te ruk en Seagulls te gaan ondersteun.
Alhoewel dit 'n vriendskaplike wedstryd is sal die spanne die geleentheid gebruik om te bepaal of hulle al gereed is vir die ligawedstryde en daar sal beslis ingeklim word.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’