STILBAAI NUUS - Die rugbyseisoen nader sy einde en vir Seagulls was daar gemengde welslae.
Die A-span kan ongelukkig nie meer kwalifiseer vir die uitspeelrondes nie, maar beide die B- en C-spanne bevind hulle in die topvier posisies.
Seagulls se B-span lê na Harlequins, met 31 punte, in die derde posisie en Saterdag se wedstryd sal bepaal wie tweede eindig. Die C-span bevind hulle in dieselfde bootjie. Wen hulle Saterdag kan hulle teoreties in die tweede posisie eindig, afhangende van wat Blues se C-span maak.
Die A-span kan nou weliswaar nie meer kwalifiseer vir die uitspeelrondes nie, maar hulle sal graag die seisoen op 'n hoogtepunt wil afsluit.
Saterdag 13 September pak Seagulls vir Harlequins in Melkhoutfontein en dit is die laaste geleentheid om hulle op tuisbodem in aksie te sien. Trek jou ondersteunershemp aan en ruk op rugbyveld toe, want Seagulls is en bly ons trots.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’