STILBAAI NUUS - Happy Hearts-rugbyklub van Brandwag speel Saterdag 14 Februarie op die Melkhoutfontein-sportterrein teen Seagulls in 'n vriendskaplike wedstryd.
Seagulls probeer soveel as moontlik vriendskaplike wedstryde speel ter voorbereiding van die ligawedstryde wat eersdaags begin.
Tot dusver het hulle gemengde welslae behaal met 'n verloor teen Heidelberg en 'n wen teen Buffaloes van Buffeljagsrivier.
Die vriendskaplike wedstryde het egter ten doel om hulle wedstrydfiksheid en samespel op 'n hoë standaard te kry en dan sal die oorwinnings vanself kom.
Ondersteuners word aangemoedig om Seagulls Saterdag te kom ondersteun.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’