STILBAAI NUUS - Ná afloop van Saterdag se ligawedstryde is Seagulls steeds goed op dreef om 'n tuis-halfeindstryd te beklink.
Die span pak Saterdag 22 Augustus vir Albertinia in 'n wedstryd wat allerweë as 'n taai derby beskryf word.
Die wedstryd word gelukkig op die Graveyard in Melkhoutfontein gespeel, en ondersteuners word aangemoedig om die pawiljoene vol te maak en die Seagulls luidkeels te ondersteun.
Die Seagulls speel volgende Saterdag hul laaste ligawedstryd, maar dié kragmeting vind in Prins Albert plaas.
Met die span se halfeindstrydplek wat steeds op die spel is, beloof Saterdag se derby om 'n belangrike wedstryd te wees.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’