STILBAAI NUUS - Seagulls was Saterdag 13 September kookwater toe al drie spanne as wenners uit die stryd getree het.
Seagulls het die soldate van Oudtshoorn, Harlequins, behoorlik in 'n lokval gelei en in die Slag van Melkhoutfontein drie oortuigende oorwinnings behaal.
Die A-span het met 38 - 33 gewen en in die proses ses drieë gedruk. Die staatmakerslot, Ivor van der Merwe, is vir sy kragspel met twee drieë beloon.
Die B-span se eindtelling van 31 - 17 het gekom van vyf drieë en drie doelskoppe.
Seagulls se C-span het van die veld gestap met 'n 17 - 0 oorwinning.
Dit beteken dat die B- en C-span nog op koers is om in die uitspeelrondes te speel.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’