Gallery Video
MELKHOUTFONTEIN RUGBYNUUS EN VIDEO - Albei Seagulls-rugbyspanne het Saterdag 14 Maart die Mosselbaaiers goed op hul baadjie gegee.
Die atmosfeer by die sportterrein was oudergewoonte baie jolig en met elke punt wat op die telbord verskyn het, het die stemming vroliker geword.
Heelwat Mosselbaaiers het hul spanne kom ondersteun, maar so saam met die donker wolke wat saamgepak het, het dit al stiller van hul kant af geraak.
FOTOGALERY: SEAGULLS SPEEL KLAAR MET MOSSELBAAI
Die A-span se eindtelling was 34-3 nadat hulle rustyd met 22-3 voorgeloop het, terwyl die B-span met 34-0 geëindig het. Hul rustydtelling was 22-0. Henrico Riddles en Corné Witbooi is onderskeidelik as die A- en B-span se speler van die wedstryd aangewys.
Die A-span se eerste drie is sommer vroeg deur Wilhelm Adams aangeteken en deur Reagan Riddles verdoel. Gurdvin Kleinhans het kort daarna Adams se voorbeeld gevolg en Riddles het nog twee punte bygevoeg met die skop.
Die res van die punte het uit twee drieë deur Hyron October en goeie skopwerk deur Riddles bestaan.
Vir die B-span het Witbooi drie drieë gedruk, terwyl Delano Jacobs, Fernando Filander en Joshwin Esau elkeen een drie bygevoeg het. Twee van die drieë is deur Jacobs verdoel.
Kyk 'n video hieronder.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'