STILBAAI NUUS - Seagulls speel Saterdag 14 Maart in Melkhoutfontein teen Happy Hearts van Brandwag in die eerste ligawedstryd van die seisoen.
Hulle begin met 'n tuiswedstryd en om Seagulls op die Graveyard in Melkhoutfontein te klop gaan maar bitter moeilik wees.
Seagulls het 'n baie goeie voorseisoen gehad en hulle is voorbereid om te presteer in die Eerste Liga A-afdeling. Hulle het die besoekers in Februarie met 29 -14 in 'n vriendskaplike wedstryd geklop en sal wil wys dat dit nie 'n gelukskoot was nie.
Verlede jaar het hulle in die Premierliga meegeding, waar hulle teen die topspanne in die SWD gespeel het en dit het hulle spel 'n trappie hoër gevat.
Vanjaar is hulle teenstanders in die liga Albertinia Rangers, Collegians, Sedgefield Eagle Stars, George, Happy Hearts, Jaguars, Knysna United, Oudtshoorn, Prince Albert, Riversdal en Uniondale United.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’