RIVERSDAL NUUS - Riversdal Blues-rugbyklub gaan sy algemene jaarvergadering op Donderdag 14 November om 19:00 by die Riverville-stadion hou.
Lede van die rugbyklub, ondersteuners en alle ander belangstellendes is welkom om dit by te woon.
Pieter Herling, voorsitter van die klub, sê by die vergadering sal hulle die prestasies van die afgelope jaar bespreek, die finansiële stand van sake oorsien en ook die nuwe bestuur verkies.
Hy het lede en spelers versoek om die vergadering goed te ondersteun en dit beklemtoon dat teenwoordigheid en insette "van groot waarde is om die toekoms van die klub positief te beïnvloed."
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’