Update
ALBERTINIA NUUS - Albertinia Rangers het Saterdag, 23 April op hul tuisveld teen Mosselbaai uitgedraf en die wedstryd met 'n ongelooflike telling van 120-0 gewen.
Volgens die ouer garde van die rugbyklub het Rangers nog nooit so 'n groot oorwinning behaal nie.
Feitlik met elke afskop is 'n drie gedruk en dit was letterlik soos 'n eenrigting verkeer soos die tuisspan die drieë ingeryg het.
Die tuisspan se verdediging was rotsvat en het hulle die Mosselbaaiers geen kans gegun om 'n drie aan te teken nie.
Die Rangers se bestuur het die span geprys vir hul briljante spel.
Rangers se B-span het ook karakter getoon en verwoesting gesaai teen hul eweknie deur die wedstryd met 52-0 te wen. Die span speel die afgelope seisoen uitstekende rugby.
Rangers speel Saterdag weg teen Thistles.
'n Harde wedstryd word verwag, omdat Thistles 'n gedugte teenstander op hulle tuisveld is.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'