ALBERTINIA NUUS - Albertinia Rangers is kliphard besig om te oefen om hulle wedstrydfiks te kry vir enige vriendskaplike wedstryde wat na hulle kant toe mag kom.
Tydens 'n oefensessie Saterdag, 22 Januarie was dit duidelik dat die spelers uitgehonger is om weer rugby te kan speel.
Vir twee jaar is geen rugby, vriendskaplik of ligawedstryde gespeel nie en almal is versigtig optimisties oor die vooruitsig dat dit dalk vanjaar moontlik gaan wees.
Die spelers en bestuur hoop om binnekort die goeie nuus te hoor of daar vriendskaplike wedstryde gaan plaasvind. Volgens hulle was daar blykbaar gerugte dat die span wel binnekort in 'n vrienskaplike wedstryd teen 'n bekende rugbyklub in die Suid-Kaap omgewing te staan kan kom.
Die bekende en veelsydige agterspeler, Leighton Eksteen wat sy rugbyloopbaan tans oorsee voortsit, het ook litte saam met sy oud-spanmaats losgemaak tydens sy kuier in Suid Afrika.
Veteraanspelers soos Chalton Pietersen, Gordon Ntozini, Clinton Daries en Jonathan Nomdo het ook hard saam met die jonger spelers geoefen.
Hogan Nomdo lyk ook lus vir rugby speel.
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'