HEIDELBERG NUUS - Heidelberg-rugbyklub het Saterdag, 6 Augustus hul kanse om ‘n tuis halfeindstryd aan te bied, lewendig gehou met ‘n hard verdiende sege van 17-13 oor Progress van George.
Die wedstryd tussen die tweede spanne het met 15 elk gelkop geëindig nadat Heibi rustyd met 12-5 voorgeloop het.
In die eerste wedstryd van die dag het Progress se derdespan met 17-9 gewen na hulle rustyd met 17-6 voor was.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'