HESSEQUA NUUS - 'n Rustige sportdag wag vandag op sportliefhebbers in Hessequa. Die enigste aksie is op die rugbyveld, of by die plaaslike gholfbane en ook op die rolbalperke.
Die Hoër Landoubskool Oakdale reis na Ceres om teen Hoërskool Charlie Hofmeyr kragte te meet.
Wat klubrugby betref, word net twee plaaslike wedstryde afgehandel. In Riversdal kom die Blues in die Riverville-stadion teen Silver Stars van George te staan en in Stilbaai gaan Seagulls van Melkhoutfontein sy tuisveld verruil om Thistles op die dorpsveld aan te durf.
Heidelberg speel weg teen Jacquars en Riversdal-dorp pak Black Lions op hul tuisveld.
Vir rugbyentoesiaste is natuurlik daar 'n paar groot wedstryde wat hulle op televisie kan volg.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’