RIVERSDAL NUUS - Graad 10 en 11-rugbyspelers van die Hoër Landbouskool Oakdale, onder afrigting van Lukas Holtzhauzen en Adriaan Jansen, het op 2 September aan die sewestoernooi op Bredasdorp deelgeneem.
Hierdie fikse en vlugvoetige Oakdalers het deurgaans skitterende spel gelewer.
Na drie wedstryde het hulle na die halfeindstryd van die kompetisie deurgedring.
Hier klop hulle die span van Hoërskool Albert Myburgh en dring deur na die eindstryd teen Paarl Gimnasium.
Oakdale wen die wedstryd met 26-21 nadat hulle halftyd met 5-12 agter was.
Die Oakdale-manne wen die toernooi en Clyde Lewis, Oakdale-losskakel, is ook aangewys as die speler van die toernooi.
Uitslae
Oakdale teen Oudtshoorn Vaardigheidskool: 50-0 (Oakdale),
Oakdale teen Hoërskool Swartland: 28-0 (Oakdale),
Oakdale teen Hoërskool Dirkie Uys: 39-7 (Oakdale),
Oakdale teen Hoërskool Albert Myburgh: 31-14 (Oakdale) en
Oakdale teen Paarl Gimnasium: 26-21 (Oakdale).
Agter, van links is: Henco Beukes, JD Strydom, Adriaan Jansen (afrigter), Trevino Gordon, Lukas Holtzhauzen, Hendrik Victor, Keano Hendricks, Clyde Lewis en Creflo Witbooi. Voor: Tihan Joubert, Dihan Rademan, Le Roux Pepler, Simon le Roux en Joaquin Taute.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'