ALBERTINIA SPORT NUUS - Die jong sokkerspan, Progress United van Riversdal, het Sondag 16 Junie weer uitstekende sokker gespeel.
Progress wen albei hul ligawedstryde vir die dag, eers vir Albertinia-sokkerklub met 4-0 en daarna vir Zama-Zama van Riversdal met 5-1.
Die Hessequa LFA-wedstryde het op Albertinia plaasgevind. Progress lê tans bo-aan die puntelys en is die jongste span in die liga.
Andrew Jacobs (1) en Jeandré Samuels (3) het die doele teen Albertinia aangeteken. In die derby teen Zama-Zama het Samuels weer drie doele aangeteken, terwyl Dylan Hoffman en Diego Flores elk een doel in die net gesit het. Lungisa Ramba het met Zama-Zama se enigste doel geslaag.
Die volgende wedstryde vind Sondag 30 Junie op Riversdal plaas.
Lees 'n vorige artikel hier: Progress United maak skoonskip
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'