RIVERSDAL SPORTNUUS - Die jong sokkerspan van Riversdal, Progress United het Sondag 16 Junie weer met puik spel vorendag gekom en albei hul ligawedstryde gewen.
Progress, wat tans bo-aan die puntelys lê, is die jongste groep in die liga.
Zama-Zama van Riversdal delf die onderspit met 1-5 en Albertinia-sokkerklub kon geen doele aanteken nie. Hulle verloor 0-4 teen Progress.
Dié ligawedstryde het op Albertinia plaasgevind.
Die volgende wedstryde vind Saterdag 29 Junie op Riversdal plaas.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'