HESSEQUA NUUS - Rugbyliefhebbers in dié geweste het nie juis veel van 'n keuse as dit by vandag se klubrugbyprogram kom nie met net een tuiswedstryd wat plaaslik aangebied word.
In die Superliga A-afdeling is dit net Seagulls wat in Melkhoutfontein die gedugte Evergrens van George aandurf.
Riversdal Blues pak vir Crusaders in George terwyl Heidelberg na Mosselbaai moet reis om teen Barbarians uit te draf. Dis waarskynlik die belangrikste klubwedstryd in die Superliga vandag vir Hessequa-aanhangers en 'n hewige tweestryd kan veral tussen dié twee bulspanne se agttalle verwag word.
In die Eersteliga A-afdeling speel Albertinia Rangers in Rosemoor, George, teen Silver Stars terwyl Riversdal-dorp in Oudtshoorn die All Blacks aandurf.
Hessequa-toeskouers moet dus die pad aanpak na Melkhoutfontein om hul rugbydors te les óf vanmiddag ekstra langer in die tuin te werk.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’