STILBAAI NUUS - Bonnievale Blue Birds het 'n moeilike middag beleef teen die begeesterde Seagulls van Melkhoutfontein.
Die C-span het weliswaar net met 10 - 8 geseëvier, maar hulle het die druk baie goed absorbeer en vir baie mooi rugby gesorg.
Die B-span van Seagulls het egter baljaar en soms het daar tot vyf Blue Birds spelers gelê en wag vir die noodhulp se bietjie lafenis.
Hulle eindtelling van 41 - 0 vlei die besoekers, want dit kon veel erger wees.
Die A-span het dit weliswaar moeiliker gehad, maar net sodra dinge bietjie druk gegaan het, het hulle na 'n hoër rat oorgeskakel en dan moes Bonnievale keer vir 'n vale.
Seagulls het hierdie wedstryd gewen met 'n mooi einmdtelling van 38 - 28.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’