HESSEQUA NUUS - Met 'n propvol program wat vandag op rugbyliefhebbers in dié streek wag kan mens verstaan dat die tuinwerk afgeskeep gaan word.
Rugby kraai mos koning in dié geweste.
By die Hoërskool Oakdale gaan dit kook. Altesaam 30 spanne van die Hoër Jongenskool Paarl en Oakdale gaan mekaar die stryd aansê in 15 kragmetings.
Dié twee skole se o.16A-spanne pak mekaar om 11:45 en dan, die gróte, breek om 14:00 aan wanneer die twee o.19A-spanne die gras gaan plattrap.
Wat die klubrugby betref, is al vyf spanne uit Hessequa in tuiswedstryde betrokke. Die derby tussen Heidelberg en Riversdal Blues sal die puriste se tone laat krul van lekkerte. Daar is nie veel liefde verlore tussen dié twee buurklubs nie en Heibi se tuisskare gaan die besoekers uit Riversdal beslis nie met ope arms verwelkom nie.
Seagulls kom op sy tuisveld teen Progress te staan en toeskouers kan hul voorberei vir aanvallende hardlooprugby.
Riversdal-dorp kom tuis teen Uniondale te staan terwyl Albertinia Rangers die besoekende Knysna United in hul dorp wil opdreun.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’