MELKHOUTFONTEIN NUUS - Rugbyliefhebbers in Hessequa wat vanmiddag se derby tussen Seagulls, Melkies se spogspan, en Riversdal Blues wil bywoon, moet liefs vroeg opdaag as hulle plek op die hoofpawiljoen wil kry.
Melkhoutfontein se rugbystadion gaan uit sy nate bars, want daar heers meer as net groot opwinding en verwagtinge vir die kragmeting tussen die Super B-liga se topspanne.
Die derde spanne pak mekaar al om 13:00, maar dis die hoofwedstryd om 15:30 wat loshande die meeste belangstelling gaande maak.
Dit gaan oorlog wees, maar gelukkig darem sonder artillerie en grofgeskut soos wat tans tussen Rusland en Oekraïne aan die gang is.
Die Blues gee die pas aan in die Eersteliga met Seagulls in die derde plek. Albertinia Rangers lê tans tweede op die punteleer.
Beide Seagulls en die Blues sal graag in die toptwee wil eindig om hul plek in die eindstryd later vanjaar te bespreek.
Kom dus vroeg om nie 'n lekker staan- of sitplek te kry.
Hier kom 'n liplekker affêre wat albei spanne se ondersteuners òf van vreugde gaan laat brul òf tot trane gaan dwing.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’