RIVERSDAL RUGBY-NUUS - Met skitterende spel het die Oakdalers die o.17 7's-toernooie in George aangepak en dring hulle na die eindronde deur waar hulle teen Langenhoven Gimnasium te staan kom. In 'n vurige stryd klop hulle Langenhoven met 31-21.
Met die bekendmaking van die SWD 7's-span was dit geen verrassing toe agt Bulle in die span van 12 vir die o.17-toernooi in Potchefstroom ingesluit is nie.
Tino Singe, Alwich van der Linde, Ashwin Botha, Sybrand van Dyk, Vernon Paulo, Mickél Stemmet, Keaton Busch en Creflo Witbooi vertrek reeds op 28 September vir deelname aan die interprovinsiale 7's-toernooi.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'