HEIDELBERG NUUS - Heidelberg het Saterdag in hul eerste Top 8-wegwedstryd weer eens gewys dat hul eersterondte sege oor Blanco geen gelukskoot was nie deur die tuisspan in dié Superliga A-kragmeting met 29-19 te klop.
Die rustyd elling was 14-13 in Blanco se guns.
In teenstelling met die eersterondte wedstryd, wat nege drieë opgelewer het, is daar slegs vyf drieë gedruk met Heibi wat twee drieë gedruk het en Blanco drie keer.
Die tuisspan het vanaf die afskop woes onder die besoekers ingeklim om sodoende die tempo van die wedstryd te bepaal. Die taktiek het vrugte vir die tuisspan afgewerf en Heibi kon in die eerste helfte nie nooit rêrig op dreef kom nie.
Heibi het egter na rustyd gewys waar toe hulle in staat is en stadig maar seker hul hul stempel afgedruk. Die tuisspan se dissipline het hul duur te staan gekom het en die besoekers het dit met akkurate skopwerk uitgebuit.
Vir Heibi het Branville Human, flank en Maurico Radloff, stut, elk ‘n drie gedruk, met Jameson Meyers, losskakel, wat met vyf straf- en twee doelskoppe geslaag het.
Francois Pieters, senter was die speler van die wedstryd.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’