HEIDELBERG NUUSFLITS - ’n Groot, dog opwindende stryd wag Saterdag 14 April op die onoorwonne Heibi-rugbyklub wanneer hulle die gedugte Crusaders tuis pak.
Die tuisspan het vriend en vyand verras toe hulle beide hul eerste twee tuiswedstryde teen onderskeidelik Silvers Stars en Barbarians gewen het.
Groot belangstelling heers in die wedstryd omdat die besoekers ’n Heidelberger, Dean Hopp, in hulle geledere het.
’n Harde wedstryd word verwag, aangesien beide spanne van hardlooprugby hou.
Die eerste wedstryd tussen die derde spanne begin om 13:30
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
ARTIKEL EN FOTO: CLIVE PRETORIUS, SUID-KAAP FORUM KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'