HEIDELBERG NUUS - Heidelberg het verlede Saterdag, 31 Augustus, hul plek in die halfeindstryd van die SWD-rugbyunie se Super A-liga bespreek toe hulle Barbarians van Mosselbaai met 'n spogvertoning met 48 - 31 geklop het.
Die Baabas het rustyd met 24 - 20 voorgeloop.
Die wedstryd het 12 drieë opgelewer waarvan Heibi sewe en die tuisspan vyf gedruk het. Met die sege het die besoekers 'n tuishalfeindstryd teen Bridgton van Oudtshoorn verseker.
Heibi se tweedes het naelskraap met 24 - 23 koning gekraai, terwyl die derde spanne met ses elk gelykop gespeel het.
Al drie Heidelberg spanne het vir die komende Saterdag 7 September gekwalifiseer.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’