HEIDELBERG NUUS - Heidelberg-rugbyklub het gekwalifiseer om in SA Rugby se Gold Cup mee te ding.
Die twee beste klubs uit elke Unie en vier onbekende spanne (wild cards) maak die 32 spanne uit wat oor vyf naweke sal meeding om tot die kwarteindstryde deur te dring.
Heibi speel Saterdag 9 September teen Valsbaai-rugbyklub in Kaapstad.
Hulle voorsitter, Hein Vollenhoven, is baie positief en sê hulle is slaggereed vir die kragmeting.
Die Gold Cup-logo.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’