STILBAAI NUUS - Seagulls se ondersteuners kan uitsien na lekker opwindende rugby Saterdag 30 Augustus wanneer Seagulls en Harlequins kragte meet in Melkhoutfontein.
Seagulls is desperaat vir 'n wen en sal alles insit voor die tuisskare.
Volgens Marlin Jansen, voorsitter van Seagulls, het die A-span die afgelope Saterdag verskeie kanse geskep om te wen, maar kon dit ongelukkig nie doeltreffend benut nie en het die knie met 21 - 25 teen Silver Stars van George gebuig.
Met hul getroue tuisskare agter hulle, kan hulle dalk komende Saterdag die bordjies verhang.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’