RUGBY NUUS - Seagulls se vlerke is Saterdag tydens hul wegwedstryd lelik geknip toe Harlequins hom met 'n spogvertoning op sy tuisveld met 43 - 27 in hul SWD Super B-ligawedstryd geklop het.
Die rustydtelling was 19 - 8 in die tuisspan se guns.
Albei spanne het opwindende rugby gespeel en ook elkeen vier drieë gedruk.
Vir Seagulls het Nathan Buis (senter), Willem Hendricks (skrumskakel), John Busch (agtsteman) en Jason Lawrence (plaasvervanger-linkervleuel) elkeen een drie gedruk, terwyl Wilhelm Sollmons (losskakel) met twee doelskoppe en een strafskop geslaag het.
In die eerste wedstryd van die dag het Seagulls se tweede span naelskraap met 10 - 13 verloor nadat hulle rustyd met 0 - 8 agter was.
Vir Seagulls het Kelvin Michaels (slot) een drie aangeteken met Delano Jacobs (heelagter) wat met een straf- en 'n doelskop suksesvol was.
Seagulls speel op Saterdag 1 Julie tuis teen Thistles van Friemersheim.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’