HEIDELBERG NUUS - Twee talentvolle rugbyspelers, Jayden Hine en Lorenzo Oktober, albei leerders van De Waalville Primêr, is onderskeidelik vir die SWD se o.-13 Cravenweek- en die Akademie Week-spanne gekies.
Die toernooie vind vanaf 17 - 22 Junie in Krugersdorp plaas.
Die twee seuns - en hul ouers staar - egter 'n groot uitdaging in die gesig siende dat die toernooie nie deur die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (SARU) finansieel ondersteun word nie. Die onus rus nou op die ouers se skouers om die onkostes te dra en dit beloop nogal 'n aardige bedrag.
Elkeen benodig R11 380 om hulle talente teen die bestes in die land ten toon te stel. Hul ouers het derhalwe 'n ernstige pleidooi op inwoners gedoen om hulle finansieel te ondersteun.
Jayden se ma, Jo-Ann Hine kan by 078 672 1438 gekontak word, terwyl Lorenzo se ma, Letitia Rossouw, by 076 789 2064 gebel kan word.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’