Gallery
RIVERSDAL NUUS - Dit was geen verrassing nie toe Mathlin Fielies Vrydagaand 23 Novermber as Blues-rugbyklub se sportman van die jaar en beste eerste span voorspeler aangewys is tydens die klub se jaareindfunksie.
Die prysuitdeling het in die Riverville-stadion plaasgevind. Nicky Juta, wat na twee termyne as uitvoerende bestuurslid vir SWD uittree, het die klub geprys vir hulle respek en ook meer van Blues se ontstaan vertel.
Hy het ook die spelers en bestuur met belangrike aspekte toegespreek en sterkte toegewens met die 2019-rugbyseisoen.
Toekennings
- Austin Sefoor - junior speler van die jaar en mees ontwikkelde speler-toekenning
- Delano Jacobs - meeste puntemaker eerste span
- Andrew Jacobs - beste agterspeler eerste span
- Keawin Mortlock - opkomende speler van die jaar tweede span
- Patrick Jacobs - mees gedissiplineerde speler
- Hiron Francies - mees toegewydste klublid
- Michael Hendricks (tweede span kaptein) - SWD-kampioenskaptrofee en span is deur die klub as span van die jaar aangewys
- Deon van Eeden - meeste drieë en beste voorspeler tweede span
- Danville Heyns - beste agterspeler tweede span
- Farouki Farland - mees toegewyde speler
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'