HEIDELBERG NUUS - Die fanatiese ondersteuners van Heidelberg-rugbyklub is Saterdag 13 April erg geskok toe Evergreens van Pacaltsdorp hulle in hul spore gestuit het.
Evergreens het Heibi, die naaswenners in die Super A-liga verlede jaar, in die laaste sekondes van die wedstryd naelskraap met 31-29 geklop.
Evergreens het rustyd met 15-12 voorgeloop.
Die taai dog opwindende wedstryd het nege drieë opgelewer waarvan Heidelberg vyf en die tuisspan vier gedruk het.
Heibi se tweede en derde spanne het wel onderskeidelik 13-10 en 28-19 gewen.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’