GEORGE NUUS - Evergreens se drie jaar lange droom om die juk van verloor teen Heidelberg af te skud, het die afgelope Saterdag byna tot ’n einde gekom toe hulle in die doodsnikke van die wedstryd met 35 elk gelykop gespeel het.
Dít, nadat hulle rustyd met 15 - 14 in hul vierde wedstryd van die SWDRU Superliga A voorgeloop het.
Beide spanne het lus gehad om die bal lug te gee en het elkeen vier drieë ingeryg wat hulle dan ook van ’n waardevolle bonuspunt verseker het.
In die twee voorafgaande wedstryde het beide die tuisspan se tweede en derde spanne onderskeidelik met 30 - 19 en 15 - 7 geseëvier.
Heibi speel Saterdag tuis teen medekampioene, Groot-Brakrivier, en sal nie op hul louere kan rus nie hoewel die besoekers nie so goed in hul eerste drie wedstryde gevaar het nie.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’