HEIDELBERG NUUS - Heidelberg moes Saterdag alles in die stryd werp om Groot-Brakrivier in 'n Super A-kragmeting in Groot-Brakrivier met 24-17 te klop.
Ná twee weke van vonkelwynrugby deur Heibi sou sy ondersteuners 'n nederlaag sleg ervaar het.
Al het Heibi twee drieë gedruk, was die oorwinning nie oortuigend genoeg nie.
Die agterlyn het gesukkel om aan die gang te kom en boonop het die Brakke hulle onder groot druk geplaas met fisieke inklimspel en opskietverdediging.
Groot-Brakrivier se sterkpunt was hul stewige skrumwerk.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'