RIVERSDAL NUUS - Hoërskool Framesby van Gqeberha besoek Riversdal vandag om teen Hoërskool Langenhoven en die Hoër Landbouskool Oakdale mee te ding.
Die groot rugbyaksie is by Oakdale met die eerste wedstryde wat reeds om 08:15 afskop met die o.15A's wat mekaar op De Eike aandurf.
Die hoofwedstryd tussen die twee skole se o.19A-spanne begin om 13:00.
By Langenhoven begin die eerste hokkiewedstryde om 08:00 wanneer Framesby en die tuisspan se eerste dogtershokkiespanne uitdraf gevolg deur die twee skole se eerste seunspanne om 09:05.
Om 08:20 speel Framesby se o.18A-netbalspan teen Langehoven wat beloof om goeie netbal op te dis.
Framesby se o.18B-rugbyspan speel om 12:30 teen Langenhoven.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’