MELKHOUTFONTEIN RUGBY-NUUS - Die uitblinker van die Seagulls-rugbyklub Presidentsligaseisoen se prysuitdelingsaand was Andrew Daniëls, wat met drie trofeë die jaar kon afsluit.
Daniëls is deur die spelers aangewys as die spelers se speler en het ook met beste voorspeler, B-span en speler wat die meeste drieë gedurende die seisoen gedruk het, weggestap.
Henrico Riddles is as sportman en voorspeler van die jaar aangewys.
Uitblinkers vir die jaar
A-span: Tobias Swartz (mees gedissiplineerde speler), Hyron October (mees gevorderde speler) en Joshwin Petersen (beste agterspeler).
B-span: Luzanne Pieterse (beste agterspeler), Henry Michaels en Henry Riddles (die span se beste ondersteuners).
Die prysuitdeling en afsluiting het 'n heerlike ete in die klubhuis by die dorp se sportterrein ingesluit.
Hulle bedank hul borge en ondersteuners en sien uit na die 2019 rugbyseisoen.
Seagulls se algemene jaarvergadering vind op Donderdag 25 Oktober om 19:00 in die klubhuis by Melkhoutfontein-sportterrein plaas.
'Ons bring jou die nuutste Melkhoutfontein, Hessequa nuus'